Thursday 21 January 2016

Grondboontjiebotter-roomys

Grondboontjiebotter-roomys

Bestanddele

375 ml melk
1 vanieljepeul, saadjies uitgekrap
5 eiergele
100 g (120 ml) strooisuiker
250 ml growwe grondboontjiebotter
Sjokoladesous

125 ml room
1 x 100 g-plak 70%-sjokolade, fyngekap
Metode

Bring melk en vanieljepeul met uitgekrapte saadjies tot kookpunt in ’n pot. Verwyder van  hitte. Klits eiergele en suiker saam tot lig en romerig in ’n mengbak. Terwyl jy klits, voeg die warm melkmengsel by. Gooi hele mengsel terug in pot en roer met houtlepel oor lae hitte tot mengsel die agterkant van die lepel bedek, sowat 5 – 8 minute. Moenie die mengsel laat kook nie – dit sal skif. Verwyder van hitte en roer grondboontjiebotter by. Meng goed en laat afkoel tot yskoud in yskas. Plaas mengsel in vriesbestande bak in vrieskas. Roer elke 10 minute tot mengsel dik en romerig gevries is. Laat vries verder tot heeltemal hard.

Sous: Bring room tot kookpunt en gooi oor gekapte sjokolade. Roer tot gladde mengsel. Skep balle roomys en sit voor met sous.

No comments:

Post a Comment