Thursday 21 January 2016

Gebakte Appelpoeding

Gebakte Appelpoeding

Bestanddele

125 ml (1/2 k) suiker

30 ml (2 e) botter

2 eiers

5 ml (1 t) vanieljegeursel

250 ml (1 k) koekmeel

5 ml (1 t) bakpoeier

2,5 ml (1/2 t) sout

60 ml (1/4 k) melk

1 x 358 g - blik tertappels

Sous:

250 ml (1 k) room

250 ml (1 k) suiker

'n knippie sout

gemaalde kaneel om oor te strooi

Metode

Voorverhit die oond tot 180 grade C en smeer 'n 2,5 liter poeding-

bak met botter.

Klits die suiker, botter, eiers en vanieljegeursel deeglik saam.

Sif die droe bestanddele saam en klits dit om die beurt met die

melk by die eiermengsel.

Giet beslag in die poedingbak en rangskik die appels eweredig bo-

op. Bak dit vir 20 - 30 minute of tot goudbruin en gaar.

Sous: Verhit intussen die sousbestanddele oor matige hitte en 

roer tot suiker opgelos het.

Prut 10 - 15 minute of tot sous net begin karamelliseer.

Prik die warm poeding oraloor met 'n vurk en giet die warm sous

dadelik oor. Strooi die kaneel oor en sit dit warm of teen kamer-

temperatuur voor.

Variasies:

Hierdie poeding kan maklik in oondvaste koppies of individuele

bakkies gebak word.

Dit kan ook as 'n tert voorgesit word.

Vervang die appels met 'n blik gemengde vrugte en voeg dan

125 ml klapper by die sous.

No comments:

Post a Comment