Thursday, 18 February 2016

Aartappelsop (Loaded Potato Soup)

Aartappelsop (Loaded Potato Soup)

Bestanddele

4 aartappels  

2 teelepels olyfolie

½ koppie gekapte uie

1 ¼ koppie hoenderaftreksel

3 eetlepels meel

2 koppies melk, verdeel                                  

¼ koppie suurroom

½ teelepel sout

¼ teelepel varsgemaalde swartpeper

3 repies spek, gehalveer

1/3 koppie cheddarkaas, gerasper

4 teelepels groenuie, dun gesny

 

Metode

1. Prik aartappels met ‘n vurk. Mikrogolf op HOOG vir 13 minute of tot sag. Sny in helftes, laat afkoel.

2. Terwyl aartappels gaar word, verhit olie in ‘n souspan oor medium hitte. Voeg uie by, soteer 3 minute lank. Voeg hoenderaftreksel by. Meng die meel en ‘n ½ koppie melk; voeg in pan by met 1 ½  koppies melk. Bring tot kookpunt; roer kort-kort. Kook vir 1 minuut. Haal van hitte af; roer suurroom, sout en peper in.

3. Rangskik spek op ‘n kombuispapier, op ‘n mikrogolf-vaste bord. Bedek met kombuispapier; mikrogolf op HOOG vir 4 minute. Krummel die spek.

4. Verwyder die aartappels se skille. Meng (mash) aartappels rofweg in die sop in. Sprinkel kaas, uie en spek bo-oor.

No comments:

Post a Comment