Klam sjokoladekolwyntjies
’n Vinnige, maklike resep vir heerlike klam sjokoladekolwyntjies.
Lewer 24 kolwyntjies
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 20 min.
Bestandele
375 ml (1½ k) meel
250 ml (1 k) strooisuiker
80 ml (⅓ k) kakaopoeier
5 ml (1 t) koeksoda
’n knippie sout
250 ml (1 k) water
125 ml (½ k) olie
5 ml (1 t) vanieljegeursel
15 ml (1 e) asyn
VERSIERSEL
250 g roomkaas
100 g botter
250 ml (1 k) versiersuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
Metode
Voorverhit die oond tot 180 ˚C en voer ’n kolwyntjiepan uit.
Meng al die droë bestanddele in ’n bak. Meng al die nat bestanddele in ’n ander bak. Meng die nat en die droë mengsel om ’n beslag te vorm.
Vul elke kolwyntjieholte sowat twee derdes met beslag. Bak sowat 20 min. in voorverhitte oond of tot ’n tandestokkie skoon uitkom wanneer dit in die middel van ’n kolwyntjie gedruk word.
Haal die pan uit die oond en laat 5 min. afkoel. Pak die kolwyntjies op ’n draadrak en laat heeltemal afkoel.
Versiersel Klits die roomkaas en botter saam in ’n bak tot glad. Sif die versiersuiker oor en klits tot goed gemeng. Roer die vanieljegeursel in en smeer die versiersel met die agterkant van ’n lepel oor die kolwyntjies.
No comments:
Post a Comment