**Die suurlemoenkoeldrank gee die beslag ’n effense soetigheid.♫
Genoeg vir 4
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 12 min.
500 ml (2 k) olie, vir diepbraai
200 ml (¾ k) Dry Lemon-koeldrank
250 ml (1 k) meel
1 eiergeel
sout en vars gemaalde swartpeper
300 g stokvis, ontvel
125 ml (½ k) mieliemeelblom
suurlemoenwiggies vir voorsit
1. Verhit die olie in ’n middelslagkastrol oor matige hitte.
2. Klits die Dry Lemon-koeldrank, meel, eier, sout en peper in ’n groot mengbak om ’n beslag te maak. Sit eenkant.
3. Sny die stokvis in repe, bedek met die mieliemeelblom en doop in die beslag.
4. Laat sak die vis versigtig in die warm olie en braai drie op ’n slag 4 minute of tot goudkleurig.
**Sit voor met suurlemoenwiggies.♫
No comments:
Post a Comment