Saturday, 20 February 2016

Tuisgemaakte Visvingers met Aartappelskyfies


Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 min.
Verkoel: 15 min.
Gaarmaak: 15-20 min.

VISVINGERS:
15 ml (1 e) botter
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
400 g gaar stokvis, gevlok
1 eier
15 g pietersielie, gekap
sout en vars gemaalde peper

KRUMMEL:
2 eiers, geklits
500 ml (2 k) graanvlokkies, fyner gedruk
15 ml (1 e) olyfolie

VIR VOORSIT:
4 groot aartappels, in skyfies gesny olie vir diepvetbraai

Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit ’n draadrakkie op ’n bakplaat en spuit met kossproei.

Visvingers:
1. Verhit die botter en braai die ui en knoffel tot sag. Hou eenkant.
2. Meng al die bestanddele vir die vingers, asook die uiemengsel. 3. Geur met sout en peper.
4. Vorm langwerpige visvingers.

Krummel:
1. Doop die vingers een-een in die geklitste eier en dan in die krummels.
2. Pak op ’n bord en verkoel minstens 15 min.

Vir voorsit:
1. Braai intussen die aartappelskyfies in verhitte olie en dreineer op kombuispapier.
2. Pak die visvingers op die voorbereide bakplaat, bedruip liggies met die olyfolie en bak 15-20 min. tot goudbruin.

**Sit voor saam met die aartappelskyfies en tamatiesous.♫

No comments:

Post a Comment