Genoeg vir 1
• 2 takkies ranktamaties
• 15 ml olyfolie
• sout en swartpeper
• 100 g baba-spinasieblare
• 3 eierwitte
• knippie sout
• 50 g sagte bokmelkkaas (chevin), in skywe gesny
• baba-slaaiblare
Verhit oond se rooster-element. Plaas ranktamaties op ’n bakplaat en sprinkel olie oor. Geur met sout en peper. Oondbak 10 – 15 minute tot tamaties effens oopbars. Haal uit en laat afkoel. Plaas spinasie in mengbak en gooi kookwater oor. Laat staan 5 minute en dreineer in ’n vergiettes. Druk oortollige water uit spinasie en hou eenkant. Klits eierwitte en sout saam tot styf in ’n mengbak. Verhit kleefvrye omeletpan van sowat 20 cm in deursnee en spuit liggies met kleefwerende kossproei. Gooi eierwitte in pan en verlaag hitte. Bak tot ’n goue bruin kors op die bodem vorm. Plaas onder rooster-element om omelet van bo gaar te maak tot ferm en goudbruin. Haal uit oond en skep spinasie en sagte bokmelkkaas op een helfte van omelet. Vou toe en haal uit met eierspaan. Sit voor met tamaties en groenslaai van baba-slaaiblare
No comments:
Post a Comment