Ertjiesop met spek
Bestanddele
• 125 g strepiespek, gekap
• 30 ml botter
• 1 ui, gekap
• 500 ml groente-aftreksel
• 500 g bevrore ertjies
• 100 ml melk of room
• 1 ml neutmuskaat
• vars brood om voor te sit
Metode
1 Rooster die helfte van die spek onder ‘n warm element tot bros. Hou dit eenkant vir garnering.
2 Smelt die botter in ‘n kastrol. Voeg die ui by en braai dit tot sag. Voeg die res van die spek by en braai vir twee minute.
3 Voeg die aftreksel by en verhit tot kookpunt. Voeg die ertjies by en laat kook vir sowat vyf minute, of tot die ertjies net gaar is.
4 Laat effens afkoel. Gooi dit dan in ‘n voedselverwerker of pols dit met ‘n handmenger tot glad. Voeg die melk of room en neutmuskaat by en sit dit terug op die stoof tot deurwarm. Geur dit met swartpeper. Sprinkel die bros spek oor en sit voor met vars brood.
No comments:
Post a Comment