Wednesday, 17 February 2016

Geroomde mielie en hoendersop

Geroomde mielie en hoendersop
 

Bestanddele

250 g hoenderborsies, in blokkies gesny
10 mℓ botter
2 uie, fyn opgesny
1 blikkie geroomde mielies (sweetcorn)
750 mℓ melk
500 mℓ water
10 mℓ witpeper
5 mℓ sout
30 mℓ mielieblom (Maizena)
1 stuk seldery, fyn opgesny
200 g room
 
Metode

Smelt die botter in jou soppot en braai die uie en hoender vir 5 minute.

Voeg die mielies, melk, water, peper en sout by.

Maak die mielieblom aan met ’n bietjie water, sodat dit ’n pasta vorm.
Gooi by die sop en roer tot die sop begin verdik.

Voeg die seldery by en kook oor hoe hitte vir 5 minute.

Roer die room by en bedien.

No comments:

Post a Comment