Saturday, 6 February 2016

Kerriehoendertert

KERRIEHOENDERTERT
 
Kerriekors:
 
500ml koekmeelblom
3ml sout
10ml bakpoeier
10ml kerriepoeier
knippie rooipeper
250ml botter
250ml geraseerde kaas
yswater
 
Sif die droe bestandele saam.  Rasper botter in en vryf liggies in.  Meng kaas by en meng tot stywe deeg met yswater.  Plaas in terttbak en druk styf om kors te vorm.  Plaas in yskas tot benodig.
 
Kerriehoender vulsel:
 
30g botter (37.5ml)
1 ui fyn gekap
5ml kerriepoeier
50ml koekmeelblom
1 blokkie hoenderaftreksel - opgelos in 350ml kookwater
2 hoenderborsies, gaargemaak en opgekap
25ml joghurt gemeng met 5ml borrie
 
Maak so:
 
Smelt botter en soteer uie tot glaserig.
Roer kerriepoeier by en laat 1 minuut braai.
Roer dan meelblom by.
Voeg hoenderaftreksel stadig by en roer tot dit kook.
Verwyder van hitte en vou hoendervleis in.
Vou joghurtmengsel laaste in en skep in kerriekors.
Bak 25 min lank by 180 grade C
 

No comments:

Post a Comment