Saturday 6 February 2016

Spinasie Tert

Spinasie tert

Maak eers die tertkors aan en dan die spinasievulsel as volg:

Sodawater tertkors (genoeg vir twee 200mm tertdoppe) 

500 g meelblom 

5 ml sout 

500 g botter 

12,5 ml brandewyn 

250 ml soda water 

1) sif die meelblom en sout saam. 

2)sny 125 g van die botter met twee messe of n deeg snyer in die meelblom . Rasper die res van die botter op n growwe rasper en hou dit in die koelkas . 

3) meng die brandewyn en genoeg sodawater met die meelblommengsel om n handteerbare deeg te vorm. Rol die deeg versigtig 5mm dik uit. 

4) bedek twee-derdes van die uitgerolde deeg met eenderde van die gerasperde boter. Vou en bewerk verder net soos vir skilferkors.

5)Draai die deeg in waspapier of bladaluminium toe en hou dit in die koelkas. 

Vulsel vir Spinasie tert: 

600g spinasie (ontstingel en gekerf) 

1 pakkie sampioene (gekerf) 

1 groot ui gekerf, 

3 ringe feta kaas

2 eiers, 

sout en peper na smaak. 

Metode:

Braai uie, sampioene en spinasie tot geurig en sag in bietjie olyfolie. 

Gooi feta by en geur met sout en peper. 

Laat biejie afkoel. 

Klits eiers en roer by spinasie. 

Skep in kors en bak tot goudbruin by 180c. 

 

No comments:

Post a Comment