Quiche Lorraine
BESTANDELE
1 roll broskorsdeeg (jy kan by enige supermark kry)
4 eiers, geklits
375ml melk
1 knippie sout en gemaalde swartpeper na smaak
125ml gerasperde cheddarkaas
400 gram oorskiet Gammon, of ham in blokkies gesny
METODE
Voorverhit die oond tot 200 ° C
Voer 'n 21cm tertbak uit met die broskorsdeeg en bak blind vir 20 minute
Klits die eiers en melk, sout en gemaalde peper saam.
Strooi gerasperde cheddarkaas en vleis oor die deeg basis
Gooi eiermengsel oor en bak by 180 ° C vir 30-40 minute of tot gestol
No comments:
Post a Comment