Wednesday, 9 March 2016

Agnes se Koningsmelktert


Porsies: 2 terte

Bestanddele
4½ eetlepel koekmeel
1 eetlepel Maizena
6½ eetlepel suiker
62,5 g margarien
2 stokkies kaneel
1 koppie melkpoeier
4 koppies water
3 eiers, geskei
1 pakkie skilferkorsdeeg

Metode
Meng al die bestanddele, behalwe die eiers en skilferkors, saam.
Plaas in 'n kastrol en verhit.
Sodra dit kookpunt bereik, verwyder van die hitte en voeg die eiergele by.
Klop die eierwit styf, en voeg dit by.
Voer 2 tertpanne uit met die skilferkors.
Voegt die beslag in die tertpanne.
Bak teen 180 grade totdat melktert bruin is.

No comments:

Post a Comment