Saturday, 19 March 2016

Botterskorsie-en-Groente-Gereg


6 porsies

500 g botterskorsie, geskil en in blokke gesny
250 g (1 pakkie) murgpampoentjies, in groterige stukke gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
250 g (1 pakkie) sampioene, gehalveer
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
sout en peper na smaak
250 ml (1 k) room
64 g (1 pakkie) bruinuiesoppoeier
250 ml (1 k) cheddar, gerasper

Stel oond op 180 °C.
1. Sny botterskorsie in kleiner stukkies indien verkies en plaas in groot oondbak.
2. Plaas murgpampoentjies, soetrissie en sampioene bo-op.
3. Sprinkel pietersielie, sout en peper bo-oor.
4. Meng room en soppoeier en gooi bo-oor groente.
5. Sprinkel kaas bo-oor en plaas deksel of foelie bo-oor.
6. Bak vir 1 uur of tot groente sag is.

No comments:

Post a Comment