BESTANDDELE
150 g vis
10 g cayennepeper
15 g gemmer
15 g knoffel
10 ml (2 t) sojasous
10 ml (2 t) suurlemoensap
10 ml (2 t) oestersous
15 g vars brandrissie, gekap
sout en peper na smaak
1 eier
35 g meel
15 ml (1 e) olyfolie
SOUS
10 ml (2 t) heuning
5 ml (1 t) sojasous
10 g suiker
5 ml (1 t) suurlemoensap
30 ml (2 e) olyfolie
10 ml (2 t) witwynasyn
OPDIENING
30 g roketblare
25 g kersietamaties
1. Verwyder vis se vel en grate en sny in groterige blokke.
2. Sit vis in mengbak en voeg cayennepeper, gemmer, knoffel, sojasous, suurlemoensap, oestersous en brandrissie by.
3. Geur na smaak met sout en peper.
4. Roer eier in en maak groterige balletjies met jou hande.
5. Besprinkel met meel en braai vir 2-3 minute in warm olyfolie in pan.
6. Sit in voorverhitte oond teen 180 ºC vir 3 minute.
7. Sous Meng sousbestanddele tot dit goed bind. Doop tamaties in sous en haal uit.
8. Opdiening Stapel viskoekies op mekaar, sit roket bo-op, tamaties teen die kant en gooi sous net voor bediening oor.
No comments:
Post a Comment