1 kg witbroodmeel (7koppies) 4 koppies lou water 2 tl sout 1 pakkie gis (10gr) Meng alles saam.Dit is nie nodig om dit te laat rys nie.Sit in gesmeerde (2) broodpannetjies (ek smeer myne met botter) Bak vir 1 uur by 180 C.Ek gebruik die resep al vir jare. Lekker variasie is om 'n pakkie soppoeier bv bruin uiesop by die meel te sit. Voeg ook 75ml olyf olie en 75ml suiker by en dit maak heerlike roosterkoeke.
No comments:
Post a Comment