Oond 180 gr C. Klits saam: 250 gr sagte botter en 180 ml versiersuiker tot romerig. Voeg by: 2 t koffiepoeier, opgelos in 1 E kookwater. Klits deur. Voeg 2 k bruismeel en knippie sout by. Roer deur. Dis ‘n baie sagte deeg. Skep deeg in spuitsak met sterpunt. Spuit deeg-sterre op gevoerde, gesmeerde bakplaat. Bak 10-12 minute tot ligbruin. Haal versigig uit pan met eierspaan. Koel af op draadrakkies. Jy kan vulsel van gesmelte sjokolade tussen twee koekies as jy wil.
No comments:
Post a Comment