Friday, 11 March 2016

Aspersietert


Lewer 6-8 porsies

Bestanddele:
Kors:
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
Knippie sout
30 ml botter
1 eier, geklits
Vulsel:
1 blik (430 g) aspersiestukke
45 ml botter
30 ml koekmeel
250 ml vloeistof (125 ml melk, 125 ml aspersiewater)
Sout en peper na smaak
375 ml gerasperde cheddarkaas
2,5 ml mosterdpoeier
45 ml mayonnaise
Vars suurlemoensap na smaak
2 eiers, geklits
Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C. Meng die meel, bakpoeier en sout in ’n bak en vryf die botter in tot krummelrig. Voeg die eier by en meng tot ’n deeg. (Voeg ’n bietjie yskaswater by as dit te droog lyk.) Druk die deeg in ’n gesmeerde, oondvaste bak van 24 cm.
Vulsel:
Dreineer die aspersiestukkies en hou die vloeistof eenkant. Maak ’n witsous van die botter, meel en die 250 ml vloeistof. Geur met sout en swartpeper. Voeg die kaas, mosterdpoeier, mayonnaise, suurlemoensap na smaak, eiers en aspersiestukkies by. Roer goed deur en skep in tertkors. Bak sowat 30 minute tot gaar.

No comments:

Post a Comment