Saturday, 26 March 2016

Krummel Suurlemoen Kaaskoek


Krummel:  Meng alles saam in voedselverwerker:  2 1/3 k koekmeel, 2 1/3 k rou oats, 2 t bakpoeier, 1/2 t sout, 1 k bruinsuiker, 1 k witsuiker, 1 k koue botter in blokkies gesny. Meng  tot krummelrig.  Skep helfte krummels in ‘n gesmeerde diep tertbak.  Hou ander eenkant.        Vulsel: In mengbak: Klits 2 houers sagte, gladde roomkaas, 3 eiergele, 1 t vanillageursel, 1 suurlemoen se skil,  fyn gerasper, klits op lae spoed tot gemeng. Voeg by: 2 blikke kondensmelk gevolg deur 1 k suurlemoensap. Klits goed tot dik. Skep oor krummellaag in bak en skep ander krummels  los-weg bo-oor. Bak vir 30 minute. Koel af en plaas in yskas tot bedien.

Deel dit!

No comments:

Post a Comment