Tuesday, 29 March 2016

Goulash in Roomsous

1.5kg beef goulash
100ml meel
Koppie olie of botter om 4 uie in te braai
Sout en peper na smaak
Besprinkel vleis met sout en peper.  Rol in meel.
Braai uie in olie of botter en skep uit.
Braai vleis in olie tot bruin.
Sous
250ml room
250ml tamatiepuree
1 eetl. Asyn
175ml tamatiesous
2 eetl. Suiker
1 eetl. Paprika
Meng sous met vleis en stowe stadig vir 2 uur.
Meng gebraaide uie op einde by.

Hongaarse Goulash - in ‘n Afrika kombuis
Smelt 2 eetlepels Holsum vet - te koop by jou kruidenierswinkel - of olyf olie vir die minder avontuurlustiges.  Die vet laat die gereg op die ou end net soveel beter smaak.  Wees maar hierdie een keer ongesond.
Braai 2 groot gekapte uie tot glasig.  Moenie dat dit karameliseer nie.  Strooi 1 eetlepel paprika (die Hongaarse soort as jou kruidenier dit aanhou) en pasop dat dit nie aanbrand nie.  Roer deur.

Neem 500g kook beesvleis, in ongeveer 2cmx2cm blokkies opgesny, en saute dit in die pot.  Die vleis gaan begin vog afgee. 
Dis perfek.  Gooi nou by:  3 huisies fyngekapte knoffel, 1 teelepel caraway sade, ‘n lourierblaar en sout en peper.

Gooi water in die pot wat die inhoud net-net bedek, sit die deksel op en prut vir 90 minute.  120 minute sal ook werk.  Afhangende van die interessantheid van die boek wat jy tans lees, of die spanningslyn in die mini-reeks wat jy op DVD uitgeneem het…
Na hierdie eerste kooktyd gooi jy 2 wortels by - wieletjies of growwer opgesny.  Alles gaan fyn in die maag in, en met ‘n bredie gaan dit selde oor die voorsit, maar eerder oor die geure!  Ook hierby, ‘n parsnip, of witwortel, opgesny, 2 stingels seldery en nog bietjie sout.

1Gooi 2-3 koppies kookwater by, sit die deksel terug, en kry reg:
2 Medium tamaties, geskil en opgesny, ‘n pakkie tamatie pasta, en 2 greenpeppers, in klein blokkies gesny.
Sodra die wortel sag raak, voeg jy die tamaties, t/pasta en greenpeppers by.  Roer versigtig deur, sit die deksel op vir 5 minute, haal deksel af en kook ‘n verdere 10 minute.
Proe of die sout genoeg is.

Bedien met Portugese rolletjies, of ‘n Franse brood, of sommer ‘n lekker Boere potbrood

No comments:

Post a Comment