Maak hierdie heerlike rollade vir ’n spesiale geleentheid
ROLLADE
4 ekstragroot eierwitte
knypie sout
250 ml (1 k) strooisuiker
7,5 ml (1½ t) mielieblom
5 ml (1 t) suurlemoensap
VULSEL
200 g (1 groot plak) witsjokolade
30 ml (2 e) pekanneute, grofgekap
250 ml (2 k) room
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
KERSIESOUS
4 25 g (1 blik) ontpitte swartkersies,
gedreineer
60 ml (4 e) suiker
20 ml (4 t) mielieblom
Stel oond op 160 °C.
Rollade Klits eierwitte saam met sout tot stywepuntstadium.
Voeg strooisuiker bietjies op ’n slag by en klits tot dik en glansend.
Roer mielieblom en suurlemoensap by en skep in bakplaat van ongeveer 25 cm x 35 cm wat met bakpapier uitgevoer is. Sprei meringue gelyk.
Bak vir 25 minute of tot ligbruin bo-op. Laat vyf minute in rolkoekpan afkoel.
Keer versigtig op skoon stuk bakpapier uit wat met bietjie versiersuiker besprinkel is.
Trek bakpapier aan ander kant af. Laat meringue vir so 15 minute afkoel.
Vulsel Smelt sjokolade in mikrogolf op 50% krag tot gesmelt of smelt in dubbelkoker. Roer pekanneute daarby in.
Klits room en vanieljegeursel tot styf.
Vou gesmelte witsjokolade by styfgeklitste room.
Smeer vulsel op meringue en rol versigtig met behulp van bakpapier op vanaf ’n kort kant.
Swartkersiesous Meng kersiestroop, suiker en mielieblom saam in kastrol en verhit tot sous verdik. Roer kersies by.
Laat sous afkoel en skep bo-oor rollade.
Sit dadelik voor.
No comments:
Post a Comment