12 porsies
565 g (1 groot blik) lietsjies
1 60 g (2 x 80 g-pakkies)
suurlemoenjellie
1 l volroomvanieljeroomys
250 g (1 bakkie) roomkaas
250 ml (1 k) Griekse jogurt
250 ml (1 k) vars room
Behou lietsjiesap wanneer jy geblikte lietsjies dreineer.
Verhit gedreineerde lietsjiesap tot kookpunt. Roer suurlemoenjellie daarby tot opgelos. Vul opgeloste jelliemengsel tot 500 ml (2 k) aan met koue water. Sit jellie in yskas om af te koel.
Behou paar heel lietsjies vir afronding, maar sny oorblywende lietsjies in kleiner stukkies.
Roer roomys tot glad. Roer roomkaas en Griekse jogurt daarby tot goed gemeng.
Klits room tot styf en roer by roomysmengsel in.
Voeg afgekoelde jellie by roomysmengsel. Roer tot gemeng. Roer stukkies lietsjies ook by.
Giet mengsel in een groot ronde bak of in 12 individuele bakkies of glasies.
Laat oornag in yskas stol.
Rond poedings met oorblywende heel lietsjies of vars lietsjies en pistasieneute (opsioneel) af. Variasie Vervang suurlemoenjellie met aarbeijellie en geblikte lietsjies met vars aarbeie.
No comments:
Post a Comment