Monday, 21 March 2016

Koue Karamel-en-Piesang-Poeding


Klits vinnig ’n paar bestanddele bymekaar vir ’n heerlike koue poeding

8 porsies

365 g (1 blik) karamelkondensmelk

500 ml (2 k) room

10 ml (2 t) versiersuiker, gesif

5 ml (1 t) vanieljegeursel

12 gekoopte meringues, grofgebreek

3 piesangs, geskil en in skyfies gesny

 

1 Skep karamelkondensmelk in mengbak en roer tot glad.

2 Klits room tot styf saam met versiersuiker en vanieljegeursel.

3 Vou ¾ van styfgeklitste room by karamelkondensmelk.

4 Skep bietjies karamelmengsel onder in 8 glasies/bakkies. Plaas piesangskyfies en gebreekte meringues bo-op karamelmengsel.

5 Skep oorblywende karamelmengsel bo-op.

6 Skep oorblywende room bo-op en rond af soos verkies, byvoorbeeld met vars bessies of neute.

7 Sit dadelik voor. 

No comments:

Post a Comment