Porsies: 4
Bestanddele
400 g linguine
1 ui, gekap
olie
2 pakkies murgpampoentjies, gerasper
sap van halwe suurlemoen
skil van halwe suurlemoen, gerasper
sout
2 koppies room (of vervang met 1 houer gladde roomkaas en ¾ koppie witwyn)
knoffel en rissies (opsioneel)
Metode
Kook pasta tot al dente in soutwater.
Braai die uie en murpampoentjies in olie.
Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
Bedien op die pasta.
Strooi parmesan oor.
Indien jy nie die room gebruik nie:
Voeg die roomkaas en wyn by die groentemengsel in die pan.
Die roomkaas sal smelt en met die wyn bind.
Strooi parmesan oor.
No comments:
Post a Comment