Tuesday, 22 March 2016

Bakgatlewertjies


Bestanddele
500 g hoenderlewer
olie
2 uie, gekap
1 groen appel, blokkies gesny met skil aan
½ Engelse komkommer, geskil en gekap
2 ryp tamaties, gekap
2 eetlepels hoenderekstrak
1 teelepel suiker

Metode
Braai hoenderlewers to bruin buite, maar pienk binne.
Soteer die uie, appel en komkommer vir 1 minuut.
Voeg die lewer by, en dan die res van die bestanddele.
Prut vir 5 minute.
Bedien op kapokaartappels.

No comments:

Post a Comment