Tuesday, 1 March 2016

Oop Franse Omelet met Aspersies en Kasjoeneute

Ken jy wilde aspersies? In Frankryk het ek vir die eerste keer daarmee gekook. Dit lyk nes die gewone groen aspersie wat ons in die winkels kry, net baie dunner en langer, en dit groei wild in die veld!
(genoeg vir 4)
Baktyd: 15 minute

12 eiers
250 ml melk
100 g kasjoeneute, gerooster
10 g grasuie (chives)
2 knoffelhuisies, fyngekap
100 g pecorino-kaas, gerasper
sout en varsgemaalde swartpeper
40 g (40 ml) botter
240 g aspersies, geblansjeer
80 g roketblare
brood van jou keuse
Verhit oond se rooster-element. Meng eiers, melk, neute, grasuie, knoffel en kaas goed saam. Geur met sout en peper. Verhit ’n pan oor matige hitte. (Jy kan vir elkeen sy eie omelet maak of een groot pan gebruik.) Smelt botter in pan. Gooi eiermengsel in en roer tot begin stol. Hou op roer en voeg aspersies by. Plaas pan onder rooster-element tot omelet oppof. Sit voor met roket en geroosterde brood.

No comments:

Post a Comment