Tuesday, 1 March 2016

Varkworsie-Ontbytbroodjie

Eet vir brekfis of pak in werk toe.
(genoeg vir 4)

15 ml olyfolie
6 varkworsies
4 rolletjies van jou keuse
groot hande vol roketblare
2 tamaties, in skywe gesny
4 medium-gekookte eiers
Verhit olyfolie in pan. Braai worsies oor medium hitte in olie tot gaar. Sny rolletjies oop en pak vars roket binne-in. Pak tamaties en eier bo-op. Halveer worsies in lengte en sit in rolletjies – drie stukke per rolletjie. Maak toe.

No comments:

Post a Comment