Bestanddele:
Basis
150 g gouestroop
15 ml heuning
200 g margarien
350 g gerolde hawermout
60 g sagte bruinsuiker
Karamel
120 g bruinsuiker
260 g room
120 g margarien
Bolaag
35 g pampoenpitte
45 g donkersjokolade-splinters (chocolate chips)
35 g pekanneute
35 g gedroogde bosbessies (cranberries)
35 g gevlokte amandels
Metode:
Voorverhit oond tot 160 °C. Spuit ’n bakplaat van 23 cm by 23 cm met kleefwerende sproei.
Verhit die stroop, heuning en margarien saam in ’n pot totdat die margarien gesmelt het.
Haal die pot van die plaat af en roer die hawermout en bruinsuiker by. Wanneer alles goed gemeng is, gooi dit in ’n gesmeerde bakplaat en maak die bokant gelyk met die agterkant van ’n lepel.
Bak 20 minute of totdat dit ligbruin is. Laat afkoel.
Vir die karamel, verhit die suiker en room in ’n kastrol oor ’n medium hitte totdat die suiker opgelos is. Verhoog die hitte en bring mengsel tot kookpunt.
Kook vyf minute en roer terwyl die room verdik. Verwyder van hitte en roer margarien in.
Gooi dit nou oor die hawermoutbasis en sprei dit uit om die hawermout te bedek.
Strooi die pampoenpitte, sjokoladesplinters, pekanneute, bosbessies en geroosterde amandels daaroor.
Wanneer dit heeltemal afgekoel het, sny dit in stafies.
Bêre in ’n lugdigte houer.
No comments:
Post a Comment