LEWER tien pizza-skywe.
Bestanddele
250 ml koekmeel
250 ml volgraan-meel
5 ml sout
1 pakkie droë kits-gis
45 ml olyfolie
150 ml louwarm water (voeg nóg by indien nodig)
Bolaag
410 g-blik tamatie-en-uie-smoor
1 groen soetrissie, gekap
1 rooi soetrissie, gekap
250 g sampioene, in skywe gesny
10 ml tandoori-speserye
1 koppie mozzarella-kaas, gerasper
10 ml gemengde, droë kruie
Metode
Sif die meel en sout saam.
Voeg die volgraan-meel by. Strooi die suurdeeg oor die meel en meng dit met jou vingerpunte.
Voeg die olie en water by en meng dit tot ’n sagte deeg.
Knie die deeg vir ongeveer 15 minute tot glad en elasties.
Plaas die deeg in ’n bak wat met kleefwerende sproei bespuit is.
Bespuit ’n stuk kleefplastiek met kleefwerende sproei en bedek die bak.
Laat die bak vir ongeveer 45 minute op ’n warm plek staan totdat die volume verdubbel het.
Voorverhit die oond tot 200° C.
Bespuit ’n bakplaat met kleefwerende sproei.
Knie die deeg af en vorm klein pizzas of een groot pizza.
Smeer die tamatiesmoor oor die deeg en plaas soetrissies en sampioene bo-op.
Bestrooi dit met tandoori-speserye.
Bestrooi dan met kaas en gemengde kruie.
Plaas op ’n bakplaat en bak tot korsterig en goed gaar. Sit voor met slaai.
No comments:
Post a Comment