Saturday, 5 March 2016

Oop Omelet

Lus vir 'n omelet, maar dit voel vanoggend na te veel moeite? Maak dan 'n oop omelet - gooi alles bymekaar en kyk hoe hy homself gaar maak!

2 eiers
30 ml room
sout en peper na smaak
15 g butter
50 g sampioene, gesny
50 g spek, gaargemaak
25 g soetrissies, fyngekap
50 g cheddar, gerasper

Klits die eiers saam met die room en geur met sout en peper. Smelt die botter in 'n pan en gooi die eiermengsel daarin. Sprinkle die sampioene, spek, soetrissies en cheddar bo-oor, bedek en kook vir ongeveer 5-10 minute tot die eier gaar is.
Lewer 1 Porsie

No comments:

Post a Comment