Jy het nodig:
3 koppies witbroodmeel
10g droë kitssuurdeeg
½ teelepel sout
¼ koppie bruinsuiker
1 teelepel gemaalde kaneel
½ teelepel neutmuskaat
½ teelepel gemaalde naeltjies
2 kardamompeule, gepars
¾ koppie warm melk
4 eetlepels botter
2 eiers
skil van ’n halwe lemoen
100g witsjokoladesplinters (of na smaak)
Gesmelte witsjokolade of neute om die kruis te maak.
Só maak ’n mens:
1.Sif die meel, voeg dan die suurdeeg, sout, suiker en speserye by en meng.
2.Maak ’n holte in die middel van die mengsel en voeg dan die warm melk, gesmelte botter en eier by.
3.Meng goed en voeg die lemoenskil en witsjokoladesplinters by.
4.Knie die deeg vir sowat 10 minute tot dit sag en voubaar is.
5.Bedek die deeg en los dit vir ’n uur om te rys, tot dit in hoeveelheid verdubbel het.
6.Vorm dit in kleiner balletjies en plaas in ’n gesmeerde bak. Los dit vir nog ’n uur om te rys.
7.Smeer die bolletjies met melk en bak teen 180°C vir sowat 15 minute.
8.Gebruik die neute of witsjokolade om die kruise te maak sodra die bolletjies afgekoel het. Geniet dit terwyl dit warm is!
No comments:
Post a Comment