(4 porsies)
50 ml sonneblomolie
500 g maalvleis
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
3 wortels, in blokkies gesny
250 ml hoender-aftreksel
5 ml gemengde droë kruie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
5 aartappels, geskil en in dun skywe gesny
50 ml botter, gesmelt
1. Verhit jou oond tot 180 ºC.
2. Verhit die olie in ’n pan.
3. Braai die maalvleis tot dit bruin en los is.
4. Voeg die ui en knoffel by.
5. Braai verder vir sowat 5 minute.
6. Gooi die wortels en aftreksel by.
7. Geur met kruie, sout en swartpeper.
8. Laat oop kook vir sowat 20 minute.
9. Skep in bakkies.
10. Plaas die aartappelskywe bo-op en smeer die botter oor.
11. Bak vir 30 minute in die oond.
*Sit voor saam met groenslaai
No comments:
Post a Comment