Van: In en om die huis
500 gr. Koekmeel
2 E Kitsgis
Sout
60 gr. Witsuiker
1k Vrugtekoekmengsel
1 t Gemaalde Gemmer
1 t Gemaalde Kaneel
¼t Gemaalde Naeltjies
Skil van 2 Lemoene
Skil van 3 Suurlemoene
90 gr. Gesmelte Botter
1 Eier
300 ml. Vars Melk
- Voeg die koekmeel in ‘n groot mengbak gevolg deur die gis, sout, witsuiker, vrugtekoekmengs
el, gemmer, kaneel, naeltjies, gerasperde lemoen en suurlemoenskil. Roer goed.
- Voeg nou die gesmelte botter by gevolg deur die melk en die eier.
- Meng die deeg goed tot glad, bedek met ‘n nat lap en laat rus vir 1 uur.
- Verwyder die lap en roer vir ‘n paar sekondes tot al die lugborrels uit is.
- Plaas die deeg in ‘n voorbereide pan en gebruik die agterkant van die lepel om
die brood bo-op gelyk te maak.
- Plaas die natlap weer oor die brood en laat toe om te rys vir 30-40 minute of totdat
die deeg omtrent dubbeld die grootte is.
- Plaas nou die brood in ‘n voorverhitte oond van 180ºC vir 1 uur of tot gaar.
- Verwyder die brood uit die oond, laat rus vir 5 minute en keer uit op ‘n droograk
tot kamertemperatuur
Friday, 4 March 2016
Paasnaweekbrood
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment