Saturday, 19 March 2016

Sjokolademoussenessies


6 porsies (2 vir elk)

100 g (1 groot) Bar-One, grofgekap
100 g (1 plak) donkersjokolade, in blokkies gebreek
30 ml (2 e) botter
1 000 ml (4 k) Coco Pops
VULSEL
150 g (1 pakkie) Moir’s-sjokolademousse
250 ml (1 k) melk
10 ml (2 t) sjokoladelikeur
PAASEIERTJIES
100 g (1 pakkie) gekleurde eiertjies
1 Smelt Bar-One, sjokolade en botter oor lae hitte in groot kastrol.
2 Voeg Coco Pops by en roer deur tot pap goed bedek is.
3 Spuit standaardgrootte muffinhouertjies met kossproei. Skep twee groot eetlepels van sjokolademengsel in elke houertjie. Druk liggies met agterkant van teelepel teen kante vas en vul middel van muffinhouertjies effens op.
4 Plaas in yskas tot koud. Keer uit.
5 Vulsel Maak mousse met melk en likeur aan en volg verder instruksies op verpakking.
6 Skep mousse net voor opdiening in nessies.
7 Paaseiertjies Plaas eiertjies net voor opdiening bo-op mousse.

No comments:

Post a Comment