Sunday 10 April 2016

Bladjanghoender met Rysvulsel


1 heel hoender
sout en peper na smaak
1 pakkie wit of bruin uiesop
250 ml kookwater
250 ml vrugteblatjang
125 ml mayonnaise

Rysvulsel

1 hoenderlewertjie, fyn gesny (die een wat saam met die hoender kom)
1 uitjie, fyn gesny
250 ml gaar rys
125 ml sagte witbrood krummels
25 ml fyn gekapte pietersielie
125 ml pitlose rosyne of korente
30 ml margarien, gesmelt
sout en peper na smaak

Oond op 170 grade Celsius. Was die hoender en droog dit af. Vryf binne en buite met sout en peper. Meng soppoeier en kookwater. Voeg blatjang en mayonnaise by. Gooi sous in oondkasserol met deksel (Foelie werk ook om te bedek)
Meng hoenderlewer en ui met rys, broodkrummels, pietersielie, rosyntjies, margarien, sout en peper.
Plaas die hoender op sy rug en skep driekwart van die rysvulsel in die liggaamsholte. Steek opening met peuselstokkies vas en bind die bene aan die stuitjie vas.
Skep die res van die vulsel in die nekholte en vou die nekvel daaroor. Steek dit aan die rug vas met peuselstokkies. Plaas die vlerke langs die lyf en bind vas met tou.
Plaas die hoender op sy rug in die blatjangsous en skep van die sous bo-oor. Bedek en bak vir 1 uur. Bedruip hoender dikwels.
Bak vir ‘n verdere uur onbedek, bedruip dikwels. Meng ‘n bietjie warm water by die sous as dit te dik word. Sit warm voor.

No comments:

Post a Comment