Saturday 16 April 2016

Botterhoender


Kerrie is altyd ’n groot gunsteling.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 25 min.

MARINADE
125 ml (½ k) gewone jogurt
5 ml (1 t) borriepoeier
10 ml (2 t) garam masala
2,5 ml (½ t) cayennepeper
5 ml (1 t) fyn komyn
15 ml (1 e) vars gemmer, gerasper
2 knoffelhuisies, fyngedruk
8 hoenderborsies, in blokkies gesny
KERRIE
15 ml (1 e) olie
400 g tamatiepuree
15 ml (1 e) suiker
sout en vars gemaalde swartpeper
250 ml (1 k) room
60 g botter

MARINADE Plaas al die bestanddele buiten die hoender in ’n verwerker. Verwerk tot glad. Voeg die hoenderstukke by en laat staan 1 uur of oornag.
KERRIE Verhit die olie in ’n pan oor hoë hitte. Voeg die hoender by wat met die marinade bedek is by en braai 3 min. Voeg die tamatiepuree, suiker, sout en peper by.
Verlaag die hitte tot laag en laat dit 20 min. prut. Roer die room en botter deur en verwyder dan van die hitte.

No comments:

Post a Comment