Saturday 16 April 2016

Speseryhoender met Botterrys


Wonder jy wat om vir aandete te berei? Hier is ’n heerlike resep vir hoender en rys.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 25 min.

15 ml (1 e) fyn knoffel
5 ml (1 t) komyn
15 ml (1 e) paprika
10 ml (2 t) hoenderspesery
15 ml (1 e) olyfolie
1 kg hoenderstukke
BOTTERRYS
15 ml (1 e) olyfolie
4 knoffelhuisies
½ ui, fyn gekap
500 ml (2 k) rys
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
250 ml (1 k) water
40 g botter
sout en vars gemaalde swartpeper

Voorverhit die oond tot 200 ˚C.

Meng die knoffel, komyn, paprika, hoenderspesery en olie in ’n bak om ’n pasta te vorm. Vryf die hoenderstukke met die mengsel en plaas dit oor ’n roosterpan. Rooster 25 min. of tot gaar.
BOTTERRYS Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte. Voeg die knoffel en ui by en braai 3 min. Voeg die rys by en roer tot dit deurskynend word. Voeg die aftreksel en water by, bedek en stel die hitte af tot matig laag.
Kook 12 min. tot die vloeistof verdamp het en geur met sout en peper. Haal van die stoof af en laat 10 min. rus.
Voeg nou die botter by en roer die rys in om dit donsig te maak en die botter te versprei

No comments:

Post a Comment