Monday 11 April 2016

Broodpizza


Gebruik oorskietmaalvleis om hierdie kamma-pizza te skep.

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 25 min.

400 g beesmaalvleis
15 ml (1 e) Cajun-speserye
1 ciabatta-brood
250 g cheddarkaas, gerasper
1 tamatie, in blokkies gesny
1 groen brandrissie, gekap
4 sprietuie, in skywe gesny

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Verbruin die maalvleis in ’n pan oor matige hitte. Voeg die speserye by en laat prut 10 min. Verwyder van die hitte.
Sny die ciabatta oorlangs middeldeur. Sit albei helftes op ’n groot gesmeerde bakplaat. Bedek eweredig met die gaar maalvleis, bestrooi met die kaas en voeg die tamatie, brandrissie en sprietuie by.
Bak 10 min. of tot die kaas gesmelt is en borrel. Haal uit die oond en laat 5 min. rus voor jy dit sny.

No comments:

Post a Comment