Monday 18 April 2016

Duitse Speserye Koek

Was lus vir ietsie nuut en het met 'n basiese botterkoek gespeel en toe bietjie inspirasie gekry vanaf 'n duitse vriendin met haar soettand vir kaneel, neute en donker suiker....

Resep
250g Margarien
300g Strooisuiker
 3 Eiers
350g Koekmeel
5ml Koeksoda
5ml Bakpoeier
50ml Karringmelk, yoghurt of suurroom
5ml Vanielje of Karamel geursel
50g Pekans
50g Sagte brunsuker
10ml Kaneel

Metode:
1. Room die margarien en strooisuiker saam tot baie lig en donsig. Ongeveer 5 minute lank.

2. Voeg een vir een eier by die botter mengsel terwyl jy aanhou klits. Elke byvoeging moet weer dik en romerig word. Dus, nie al die eiers by op een slag nie. 

3. Sif die koekmeel, koeksoda, bakpoeier, sout  saam en voud tesame met die karringelk, vanielje, pekans by die romerige bottermengsel in.

4. Skep eers 1/4 van die mengsel in die koekpan. Meng nou die sagte bruinsuiker en kaneel saam en sprinkel genoeg op die deeg. Gooi weer die volgende 1/4 van die suiker mengsel en rond af met die laaste van die beslag. Sprinkel weer suiker oor. Doen nou die volgende 1/4.  As jy soos ek is wat oordadig raak,  mag jy dalk uit suiker hardloop, maak net weer aan en rond af. Neem nou ‘n mes en gaan met ‘n figuur 8 beweging deur die beslag  om die karamel lagie mooi deur die koek te versprei.

5. Bak by 180℃ vir 60 minute. Laat afkoel en bedien met room. Soms as ek lus is maak ek my wortelkoek se roomkaas versiersel en versier met baie neute. Soms smelt ek sjokolade en drup oor die koek

No comments:

Post a Comment