Monday 18 April 2016

Tuisgemaakte Heuningkoek


Almal ken dié outydse lekkergoed met ’n karamelgeur. Eet dit net so, bedek dit met sjokolade of gebruik dit in ons Heuningkoek-en-sjokolade-semifreddo-resep op bl. 113 in die Mei-uitgawe van Tuis.

Maak: sowat 400 g
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 10-15 minute

Bestanddele:

75 g heuning
140 g vloeibare glukose
400 g strooisuiker
75 ml water
20 ml (20 g) koeksoda

Metode:

1. Besluit hoe dik jy jou heuningkoek wil hê en voer dan ’n vierkantige bakplaat of koekpan met bakpapier uit.
2. Meet die heuning en glukose sekuur af en gooi dit in ’n kastrol. Wenk: Sit die bottels waarin die heuning en glukose verpak is, in warm water sodat dit meer vloeibaar raak en makliker is om af te meet.
3. Gooi die strooisuiker en water by en verhit die mengsel oor lae hitte totdat al die suiker opgelos het. Verhoog die hitte en kook die stroop totdat dit ’n goue karamelkleur het (dit moet net onder 150 °C bereik op ’n suikertermometer). Roer nou die koeksoda by, maar wees versigtig, want dit sal baie skuim en borrel. Giet die mengsel onmiddellik in die voorbereide bakplaat of koekpan en laat dit staan totdat dit hard en bros is. Breek dit rofweg in brokke.

No comments:

Post a Comment