Monday 18 April 2016

Florentyntjies


Bederf jou gaste met dié heerlike koekies.

Maak 10 koekies
Bereidingstyd: 25 minute
Baktyd: 5–10 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

• 50 g botter
• 50 g (60 ml) strooisuiker
• 15 ml heuning
• 50 g (90 ml) meel
• 25 g versuikerde lemoenskil
• 50 g amandelvlokkies
• 10 glanskersies, gekap
• 200 g melksjokolade, gesmelt

Metode
1. Voorverhit die oond en voer twee bakplate met bakpapier uit. Smelt die botter, suiker en heuning stadig saam in ’n kastrol tot die suiker opgelos is. Haal die kastrol van die hitte af en roer die meel, lemoenskil en amandels by – dit vorm ’n sagte “deeg”. Skep uit in ’n mengbak en laat afkoel tot hanteerbaar.

2. Verdeel die deeg in 10 gelyke dele en druk elkeen versigtig plat op die voorbereide bakplate om die koekies te vorm. Onthou om ruimte te los vir uitsprei. Rangskik die kersiestukkies eweredig oor die koekies. Bak vir 5–10 minute of tot bros met ’n mooi karamelkleur. Laat heeltemal afkoel.

3. Verf ’n lagie gesmelte sjokolade aan die onderkant van die koekies en gebruik ’n vurk om kartelpatrone in die sjokolade te maak.

No comments:

Post a Comment