Sunday 10 April 2016

Groenvykonfyt Yskastert


Bestandele:

Kors

1 pakkie gemmerbeskuitjies, fyn gekrummel

90g gesmelte botter

1 e stroop.

Vulsel

1 blikkie ingedampte melk

knippie sout

3 eiers, geskei

90ml suiker

1 e gelatien, geweek in 2 e koue water & opgelos in 1 e kookwater

1 k fyngesnyde groenvykonfyt

½ k gekapte pekanneute

Metode:

Begin met die kors. Meng al die bestanddele en druk vas in 'n tertbord. Bak 5 minute by 180C om die kors minder krummelrig te maak. Laat afkoel.

Vulsel: Verhit die ingedampte melk en die sout stadig tot kookpunt en verwyder van die hitte. Klits die eiergele met die helfte van die suiker en klits dit stadig by die warm melk. Roer die opgeloste gelatien, konfyt en neute in.

Klits die eierwitte met die orige suiker. Vou in die melkmengsel in en gooi in die voorbereide kors. Plaas in die yskas om koud te word.

Bedien, versier met dun skyfies groenvykonfyt en geklopte room.

No comments:

Post a Comment