Friday 8 April 2016

Hoenderboudjie Konkoksie Op Die Kole


Jy kan met 'n geruste hart die eerste aand van kamp hoender maak, want jy hou dit tot dan mos in jou koelsak.
30ml olyfolie
15 hoenderboudjies
1 pakkie (500g) baba-uie
6 heel knoffelhuisies
1 blik (410g) gekapte tamatie
30ml blatjang
2 blikkies (330ml elk) bier
5ml droë gemengde kruie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 pakkie (500g) babaaartappels

METODE:
Wanneer julle by die kampterrein aankom, los alles en kry eers die vuur aan die gang. Wanneer jou kole reg is - dit kan nog taamlik warm wees - sit jy die potstaander op die kole. Verhit olyfolie in 'n lekker groot plat pan. Braai die hoenderboudjies tot bruin (die hitte in die middel van die pan is die hoogste, so beweeg die hoenderboudjies rond terwyl dit braai). Voeg die uie by

en braai vir nog sowat 15 minute. Voeg die knoffelhuisies, tamatie, blatjang en bier by. Geur met gemengde kruie en sout en swartpeper. Voeg aartappels by. Laat kook oor die kole totdat aartappels sag is. Dit sal so 45 minute neem.

No comments:

Post a Comment