Friday 8 April 2016

Joodse Kaaskoek


Kors:

150g (¾ pakkie) Marie beskuitjies, gekrummel

125g gesmelte margarine

15ml suiker

Vulsel:

2 bakkies (250g elk) roomkaas of fyn maaskaas

125ml room

3 ekstra groot eiers

100g (200ml) suiker

5ml vanieljegeursel

Metode:

Verhit oond tot 180°C (350°F).

Meng beskuitjiekrummels, margarine en suiker. Druk onder en langs die kante van ‘n oondvaste tertbord (volume 1 liter) met ‘n metaallepel vas.

Meng die maaskaas, room, eiers, suiker en geursel saam. Gooi in die krummelkors. Bak die kaaskoek vir 15 minute en verlaag dan die oondtemperatuur na 150°C (300°F). Bak die kaaskoek ‘n verdere 15 tot 20 minute. Skakel die oond af en maak die oonddeur op ‘n skrefie oop en laat die kaaskoek in die oond afkoel. Laat in yskas om goed koud te word.

No comments:

Post a Comment