Friday 8 April 2016

Suurlemoen Kaaskoek

Hierdie geen-nonsens kaaskoek resep is tydlose klassieke resep wat Bakers Marie-beskuitjies gebruik as ‘n basis.

Bedien 8 – 10.

Bestandele

    11⁄2 x 200 g pakkies Bakers Blue Label Marie beskuitjies
    180 ml gesmelte botter
    90 ml fyn repies suurlemoenskil
    2 x 250 g geroomde maaskaas
    2 x 385 g blikkies kondensmelk
    125 ml suurlemoensap
    200 ml suiker

Instruksies

Verkrummel die Bakers Blue Label Marie beskuitjies in ’n voedselverwerker. Voeg die gesmelte botter en helfte van die fyn repies suurlemoenskil by en meng goed. Druk die mengsel op die boom en teen die kante van ’n gesmeerde 32 cm-deursnee losboom randkoekpan.

Klits die geroomde maaskaas, kondensmelk en suurlemoensap saam. Giet dit in die kors. Bak in ’n voorverhitte oond teen 150 oC vir 20 minute of totdat die vulsel begin stol. Verwyder die kaaskoek uit die oond maar los dit in die pan om volkome af te koel.

Om die koek te voltooi, verhit die suiker oor matige hitte tot gesmelt en goudbruin. Roer die orige fyn repies suurlemoenskil by en verwyder dadelik van die plaat. Met behulp van ’n vurk of draadklopper, drup dun straaltjies van die mengsel bo-oor die kaaskoek. Sodra die suikermengsel afgekoel en verhard het, kan die kaaskoek van die pan verwyder en bedien word.

NS: Die bestanddele is genoeg vir ’n reuse kaaskoek, maar as jy nie kans sien vir so ’n fees nie, halveer gerus die hoeveelhede. Onthou net, dan is daar geen tweede porsie nie!

No comments:

Post a Comment