Sunday 17 April 2016

Kaas-Worsie Happies


2 eetlepels droe gis
1 teelepel suiker
1 koppie warm melk
1/2 koppie olie
3 eiers
4 koppies koekmeel
Sout na smaak

Vulsel

300 g van kaasworsies of rooiworsies
400 g gerasperde mozzarella kaas

Meng die gis, suiker, melk, eiers, olie en meel knie goed , tot deeg nie meer aan hande vasklou , ongeveer 15 minute
Sit dit in bak maak toe met kombersie en plaas op warm plek en laat rus vir uur.
Sny kaasworsies of rooiworsies in helftes

Neem deeg en deel in 4 dele
Strooi bietjie meel op skoon werks oppervlak
Rol deeg dun uit .
Sny deeg in  klein repe deeg en strooi kaas oor en plaas 1/2 worsies op 1 punt van deeg reep en rol op .
Rol kaas - worsie op in deeg reep.
Plaas in gesmeerde oondbak , smeer geklitse eier bo-oor .
Plaas in verhitte oond 180 C en bak  tot goudbruin kleur.

Wenk
Kan 2 pakke klaar broskors deeg gebruik

No comments:

Post a Comment