Sunday, 17 April 2016

Kerrie Vleis Poffers


1 eetlepel olie
1/2 klein ui, fyn gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
100 g bees of skaap maalvleis
1 eetlepel kerrie pasta
1/2 klein wortel, fyn gekap
1/4 koppie bevrore ertjies
2 eetlepels fyngekapte vars koljander blare
1 eetlepel suurlemoensap
3 rolle skilferkors deeg, half ontdooi
1 eier, liggies geklits

Verhit oond op 180 C
Verhit olie in braaipan oor matige hitte. Voeg uie en knoffel by. Roer en kook vir 5 minute tot sag, voeg maalvleis by. Kook en roer met houtlepel vir 3 minute tot maalvleis verbruin. Voeg kerriepasta by. Kook vir 1 minuut tot geurig.voeg  wortel en 1/4 koppie koue water by . Bring tot kookpunt. Verminder hitte na laag. Kook vir 6 minute en voeg
ertjies by. Kook vir 4 minute tot  mengsel verdik. Roer koljander en suurlemoensap. Verwyder van hitte. Koel heeltemal af.
Smeer groot bakplaat. Gebruik 7.5 cm ronde koekiedrukker en sny 8 sirkels uit deeg . Plaas 1 afgerond teelepel vleis mengsel op eenkant van 1 deeg ronde. Smeer rand van deeg met geklitse eier. Vou deeg oor , om soos halfmaan te lyk. Druk rand vas om te seel. Herhaal met die oorblywende deeg en vleis mengsel ,smeer eier bo-op elke poffer Plaas op oondpan en bak 25 minute tot goudbruin en uit gepof.

No comments:

Post a Comment