Wednesday 6 April 2016

Kerrievis


Genoeg vir: 8-10
Bereidingstyd: 40 minute
Gaarmaaktyd: 15-20 minute

• 1,5 kg visfilette sonder vel
• 250 ml (140 g) bruismeel
• sonneblomolie, vir panbraai
• 3 groot eiers, liggies geklits
• 750 ml bruinasyn
• 225 ml (280 g) suiker
• 10 ml fyn borrie
• 50 ml matige kerriepoeier
• 15 ml swartpeperkorrels
• 3 groot uie, dun opgesny
• 6 lourierblare
• 40 ml koekmeel

1. Sny die vis in stukke van 5 cm en skud dit in die bruismeel. Gooi ’n dun lagie olie in ’n braaipan en verhit dit oor matige tot hoë hitte. Sodra die olie warm is, kan jy ’n paar stukke vis op ’n slag in die geklitste eier doop. Laat die oortollige eier afdrup en braai dan die stukke vis alkant in die warm olie tot goudbruin en gaar. Dreineer dit op kombuispapier en herhaal met die orige stukke. Hou die vis eenkant.

2. Verhit die bruinasyn, suiker, borrie, kerriepoeier, swartpeperkorrels en 7 ml sout in ’n groot kastrol. Laat dit kook en voeg dan die uie en lourierblare by. Sit die deksel op en laat dit vir 10 minute prut.

3. Gooi die meel in ’n klein bakkie en voeg ’n lepel vol van die warm mengsel by. Roer dit tot dit glad is en roer dit dan by die mengsel in die kastrol. Laat kook en roer tot effens verdik.

4. Bedek die bodem van ’n houer (nie van metaal nie) met ’n laag van die sous. Pak ’n laag gebraaide vis bo-op, gevolg deur nog van die sous. Hou so aan om die vis en die sous af te wissel. Bedek dit en laat dit vir so een tot drie dae in die yskas marineer voordat jy dit voorsit.

**In ’n lugdigte houer sal die ingemaakte vis vir tot ses maande in die yskas hou.

~~~~~~~~~~~~
Pickled Fish

Serves: 8-10
Preparation time: 40 minutes
Cooking time: 15-20 minutes

• 1,5kg skinned and filleted fish
• 250ml (140g) self-raising flour
• sunflower oil, for frying
• 3 large eggs, lightly beaten
• 750ml brown vinegar
• 225ml (280g) sugar
• 10ml ground turmeric
• 50ml medium-strength curry powder
• 15ml black peppercorns
• 3 large onions, finely sliced
• 6 bay leaves
• 40ml cake flour

1. Cut the fish into 5cm pieces. Toss the fish in the self-raising flour. Heat a thin layer of oil in a frying pan over a medium to high heat. Once the oil is hot, dip a few of the floured fish pieces into the beaten egg. Allow the excess egg to drain off, then fry the fish in the hot oil for a few minutes on each side, until cooked through and golden. Drain on paper towels. Repeat with the remaining fish pieces. Set aside.

2. Heat the vinegar, sugar, turmeric, curry powder, peppercorns and 7ml salt together in a large saucepan. Bring to the boil, then add the onions and bay leaves. Cover and simmer for 10 minutes.

3. Put the cake flour in a small bowl and add a spoonful of the hot mixture from the saucepan. Stir until smooth, then stir into the mixture in the saucepan. Cook, stirring, until slightly thickened.

4. Cover the base of a non-metallic container with a layer of sauce. Top with a layer of fried fish and more sauce. Continue to layer the fish and sauce. Cover well and refrigerate for 1-3 days before eating.

**This pickled fish will keep in an airtight container in the fridge for up to six months.♫

No comments:

Post a Comment