Saturday, 2 April 2016

Knoffel in Olie


Die wat my ken, weet om nie in die rigting van ‘crushed garlic in oil’ te knik as ons saam sou inkopies doen nie.  Onmiddelik wonder ek oor so ‘n persoon se mens-wees.

Wees verseker, daar is nie ‘n ligter manier om die volgende stelling te maak nie.  JY SAL STINK as jy van daai gissende knoffelstukkies uit sy 3 maande-oue bakterie lig om by jou kos te voeg.

Doen vir jou liggaam iets goeds vandag, en doen vars knoffel.

As jy ‘n paar huise het, en weet jy gaan nie alles kan opgebruik nie, le dan maar die huisies in.

Neem gesteriliseerde flesse (sit dit skoongewas in ‘n oond wat klaar gebruik is, omgekeer, om vuurwarm, droog te word) en meng ‘n doppie Milton in ‘n koppie water.

Ontvel die knoffel, en gooi in die Milton water.  Tel tot 60.  Lig dit met ‘n lepel uit, op handdoek papier, om van die water af te gooi, sit in die fles, en bedek die knoffel met olyf olie.

Wanneer jy ‘n knoffelhuisie nodig het, neem ‘n tandestokkie en druk hom in sy ribbes en lig hom uit.  Sodoende sal jy nie onnodige bakterie in die olie vrylaat, en gif knoffel brou nie.

Gebruik die olie agterna as marinade, slaaisous, of by enige resep waar olyf olie vereis word.  Dis heerlik.

Gebruik die Milton water om blikkieskos se deksels en boude af te vee voor jy hulle koskas toe stuur.  Soveel kieme gaan lê in daardie groefies, en word met die blikoopmaker se girtssss die kos ingedruk!  Dink net, as daardie blikkie se inhoud nie pot toe gaan om te kook nie, kan jy lelike siektes opdoen.

1 comment:

  1. mfjleroux@yahoo.com6 March 2022 at 00:02

    Hi, sk wil dit probeer maar helt nie milton nie. Kan ek iets anders soos koeksoda of sout gebruik?

    ReplyDelete