Tuesday, 10 May 2016

Gebakte Vleisbroodjie


Kook 125 ml rou bruinrys gaar, dreineer en koel af. Oond 180 gr C.     Meng volgende bestandele by rys: 500 gr maer, gemaalde beesvleis, 1 gerasperde ui, 1 gerasperde geelwortel, halwe gekapte soetrissie, 1 wiel fetakaas, gekrummel, 2 E tamatiesous, 1 E worcestersous, 1 groot geklitste eier, 2 E gekapte pietersielie en sout en peper na smaak. Voer ‘n broodpannetjie uit met bakpapier en spuit of smeer goed. Skep vleismengsel in pan en bak vir 1 uur tot ferm en gaar. Laat vir 10 minute staan en keer versigtig uit op opdien bord. Bedien met kapokaartappels en soet ertjies en wortels.

No comments:

Post a Comment